Drie verse uit “Die Tuin van Proserpina”
Die Juigende, die Sterke –
Die dood sal hom ook raak;
Nooit sal hy vlieg met vlerke
Of pyn in vure smaak.
Die Skoonheid van die rose,
Die kom en gaan van blose
Stoor nooit die Liefdelose –
Waar liefde ons versaak.
Bevryd van dors na lewe,
Van al ons hoop en wee,
Dank ons – bo alle vrees verhewe –
Die gode wat dit gee:
Hier eindig al ons drome,
Hier rus die lewenslome,
Hier vloei die moegste strome
Uiteindelik in die see.
N?g gloeiend’ son, n?g duister,
N?g keer van aand en dag,
N?g waters sag gefluister
Sal ooit die slaap verkrag.
En soeter, sagter, vromer,
Vergeefs kom weer die Somer,
Want droomloos is die Dromer,
Verdiep in ewig’ nag.
(Eugene Marais)
More Poetry from Eugene Marais:
Eugene Marais Poems based on Topics: Sons- Mabalel (Eugene Marais Poems)
- Waar Tebes In Die Stil Woestyn (Eugene Marais Poems)
- The Dance of the Rain (Eugene Marais Poems)
- Die Dans Van Die Reen (Eugene Marais Poems)
- Die spinnerak-rokkie (Eugene Marais Poems)
- Winternag (Eugene Marais Poems)
Readers Who Like This Poem Also Like:
Based on Topics: Sons PoemsBased on Keywords: hoop, dood, nag, sal, somer, ons, drie, dag, alle, dit, waar